Gallery
"Dis n verbrande berg wat vrae vra oor hoeveel roet ek al die jaar agtergelos het. Hoeveel van die vuurhoudjies ek self getrek het. Daar is onderwysers wat saam stap en vertel van vraestelle merk, maar dis die kind (wat my binne kind) vertel dat dit skoolvakansie is, en ek hoor by hom dat dit tyd is om te rus. Dis as, plate klip, en ek wonder hoe de donner ek my eie formasie so gestappel het dat dit bly balanseer. Dan raak dit stil en dis daar waar ek opkyk, blou bo, nuwe groen onder. Daar ís iemand wat voor my stap, daar ís iemand wat agter stap en daar ís iemand wat die pad al gestap het. Na die tyd sit ons kaalvoet in die kielie gras en bier drink. Ek besef dat ek nie my tas so swaar hoef te pak nie, dat daar altyd kos sal wees. Ek gaan terug na die eerste tree en ek gaan staan op Holy ground en neem saam n groepsfoto. Deur Lizelle Nel |